Parkering
Daar is 'n 200m tiedown kabel parallel met aanloopbaan 15 en 33. Dit is 'n geweefde staalkabel met 'n deurnsnee van 20mm.
Brandstof depo
Die klub beskik oor 'n brandstof depo met 'n meterpomp diens wat 'n permanente voorraad van Afgas 100LL en Jet A-1 dra. Die brandstof depo is beskikbaar aan klublede asook die algemende publiek. Brandstofverkope aan die publike moet verkieslik voor aankoms gereel word by 076 767 3907.
Klubhanger
Die klubhangar bied stoorspasie aan die klubvliegtuie sowel as die privaat vliegtuie van lede. Die klubhangar word aan lede uitverhuur op 'n per-maand basis soos wat spasie beskikbaar is. Kontak die komitee vir meer inligting by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Privaat hangars
Die Swellengrebel vliegklub huisves tans ses privaat hangars. Die huur van spasie in privaat hangars moet met die betrokke eienaar van die hangar bespreek word. Eienaars van hangars kan hul spasie op hierdie webblad adverteer.
Die klub laat toe dat lede aansoek kan doen om 'n privaat hangar op eie onkoste op te rig. Daar is 'n eenmalige beskikbaarheidsfooi aan die klub betaalbaar met aanvang van die bouwerk. Die struktuur van hangar bly die eiendom van die lid, maar die die vloer, in watter vorm ookal, bly die eiendom van die klub. Privaat hangars mag slegs gebruik word vir die primêre doel om privaat vliegtuie te stoor en geen kommersieële praktyke vanuit die hangars word toegelaat nie.
Vlugkantoor
Daar is 'n vlugkantoor aan lede beskikbaar vir die uitwerk van vlugplanne, die liaseer van vlugdokumente en vliegverwante administrasie. Die lokaal is ook beskikbaar as lesing lokaal vir vliegoopleiding en beskik oor 'n witbord, transpirant oorhoofse projektor, liaseer kabinette en vlieg kaarte.
Klubhuis
Die klubhuis is gelisensieërd en beskik oor 'n kroeg-area, 'n kombuis en 'n onthaal vertrek met braai geriewe.
Die kroeg fasiliteite is beskikbaar aan lede en hul gaste op sosiale geleenthede.
Die kombuis en die onthaal vertrek met braai geriewe is deurlopend beskikbaar aan lede asook die publiek vir privaat funksies. Vir navrae en besprekings, kontak die klub by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .
Voor die klubhuis is daar 'n lieflike grasperk met skadunet en piekniektafels.
Badkamers
Daar is afsonderlike mans en vroue badkamers, elk met een stort en twee toilette. Verder is daar drie unisex buite-toilette asook twee unisex buite-storte vir groter funksies. Die buite toilette is altyd oop vir die gebruik van besoekers wat op onverwagse tye kom land.
Kampgeriewe
Die Swellengrebel Vliegklub is langs die Bontebok Nasionale Park geleë en bied die ideale wegbreek vir die avonturier. Die kampeer-areas is beskikbaar vir lede en hul gaste oor vlieg naweke - voorafbespreking is noodsaaklik.